Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Beiteltjie" deur N.P. van WYK LOUW
"Die Beiteltjie" deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #34103] Wo, 06 September 2000 12:19 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

DIE BEITELTJIE
N.P. van Wyk Louw

Ek kry 'n klein klein beiteltjie,
ek tik hom en hy klink;
toe slyp ek en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.

Ek sit 'n klippie op 'n rots:
- mens moet jou vergewis:
'n beitel moet kan klip breek
as hy 'n beitel is -

ek slaat hom met my beiteltjie
en dié was sterk genoeg:
daar spring die klippie stukkend
so skoon soos langs 'n voeg:

toe, onder my tien vingers bars
die grys rots middeldeur
en langs my voete voel ek
die sagte aarde skeur,

die donker naat loop deur my land
en kloof hom wortel toe -
só moet 'n beitel slaan
wat beitel is, of hoé?

Dan, met twee goue afgronde
val die planeet aan twee
en oor die kranse, kokend,
verdwyn die vlak groen see

en op die dag sien ek die nag
daar anderkant gaan oop
met 'n bars wat van my beitel af
dwarsdeur die sterre loop.
Re: "Die Beiteltjie" deur N.P. van WYK LOUW [boodskap #34107 is 'n antwoord op boodskap #34103] Wo, 06 September 2000 14:03 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hier is 'n Engelse vertaling deur Uys Krige en Jack
Cope van "Die Beiteltjie."

THE LITTLE CHISEL

Here in my hands a small cold-chisel,
I tap it and it rings;
and I hone it and I stone it
until its bright edge sings.

I prop a pebble on a rock;
- you've got to get this clear:
a chisel that's a real cold-chisel
can crack a boulder sheer -

I slam it with my chisel edge,
its toughness is a gift:
straight the pebble flies apart
as clean as on a rift:

next, under my ten fingers split,
the granite rock divides,
below my feet I start to feel
the softened earth subside,

and dark the seam runs through my land
and cleaves it to the core -
so a chisel cuts that truly is
a chisel, or what's it for?

Then with two gold-red chasms
the planet falls in two
and down the rockfalls boiling,
drains the ocean flat and blue

and in the day I see the night
below me open far
with a crack that from my chisel blow
runs to the furthest star.


> DIE BEITELTJIE
> N.P. van Wyk Louw
>
> Ek kry 'n klein klein beiteltjie,
> ek tik hom en hy klink;
> toe slyp ek en ek slyp hom
> totdat hy klink en blink.
>
> Ek sit 'n klippie op 'n rots:
> - mens moet jou vergewis:
> 'n beitel moet kan klip breek
> as hy 'n beitel is -
>
> ek slaat hom met my beiteltjie
> en dié was sterk genoeg:
> daar spring die klippie stukkend
> so skoon soos langs 'n voeg:
>
> toe, onder my tien vingers bars
> die grys rots middeldeur
> en langs my voete voel ek
> die sagte aarde skeur,
>
> die donker naat loop deur my land
> en kloof hom wortel toe -
> só moet 'n beitel slaan
> wat beitel is, of hoé?
>
> Dan, met twee goue afgronde
> val die planeet aan twee
> en oor die kranse, kokend,
> verdwyn die vlak groen see
>
> en op die dag sien ek die nag
> daar anderkant gaan oop
> met 'n bars wat van my beitel af
> dwarsdeur die sterre loop.
Vorige onderwerp: "Hooglied vir die Oorlewende" deur LINA SPIES
Volgende onderwerp: Re: "Die Beiteltjie" deur N.P. van WYK LOUW <<< Dankie. Die engelse vertaling was nie nodig nie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 10:01:22 MGT 2024